Zwartkloof privaat natuurreservaat is gelee in die Mookgopong(Naboomspruit) omgewing in Limpopo. Hier kan jy kom ontspan, en die rustige atmosfeer van die bosveld beleef sonder om verdring te word deur groot skares mense.

Daar is slegs ses houthutte op die perseel, met 'n swembad, onthaal areas en speelplek vir kinders.

Ons bied 'n verskeidenheid van wild op die plaas, waarvoor ons besigtigings ritte aanbied, sodat jy gemaklik en sorgloos die fauna en flora van die omgewing kan geniet.

Ontspan saans om 'n kampvuur terwyl jy die geluide van die bosveld nag indrink en ontslae raak van die spanning en druk van die gejaagde lewe wat ons almal ervaar.



Zwartkloof private nature reserve is situated in the Mookgopong(Naboomspruit) area in Limpopo. With us you can relax, and enjoy the calm atmosphere of the bushveld without being overcrowded.

We only have six log cabins on the premises, with a swimming pool, entertainment areas and a marvelous playground where your children can play carefree.

We offer a variety of game on the farm, and on an organised sightseeing drive you can sit back and appreciate the wonders that the local fauna and flora has on offer.

Relax around a camp fire in the evenings while you drink in the sounds of the bushveld nights, and rid your body of the stress en pressure of the ratrace.